Rugby Sportdag Laerskool Staats 2017-03-09

Op 9 Maart 2017 neem HSH se o/7 en o/8 seuns deel aan die Sportdag aangebied deur Laerskool Staats te Kimberley.  Die o/7 spannetjie speel 5 wedstryde en stap met die louere weg in almal!  Hulle het die volgende spanne kafgedraf:

  • Staats 1
  • Staats 2
  • Eureka
  • Futurum Akademie
  • Jacobsdal

Die o/8 span het ook 5 wedstryde gespeel en het 3 van hulle 5 wedstryde gewen.

Almal teenwoordig was dit eens dat HSH se bulletjies gereed is vir ‘n puik seisoen van voortreflike rugby!