Rugby te Koffiefontein, 30 Julie 2016

HSH 0/15 rugby- 2016

HSH 0/15 rugby- 2016

Hoërskool Hopetown kan nogal die lewe moeilik maak vir ons teenstanders. Dit was weereens die geval op Saterdag, 30 Julie, op Koffiefontein toe ons skool se rugbyspanne daarin geslaag het om ons gemeenskap trots te maak.

O/9-Rugby: Die dag se rugbywedstryde het afgeskop met die o/9’s teen Laerskool Koffiefontein. HSH het met 25-0 gewen. Baie geluk julle!

O/11-rugby: In die tweede wedstryd het die o/11’s mekaar beetgepak. HSH het hier ook triomfantelik van die veld gestap met ‘n eindtelling van 27-0. Die drieë is deur Junaid Jood en JJ Fourie gedruk.

O/13-Rugby: HSH se o/13’s het gekook teen Laerskool Koffiefontein! Ons het met ‘n ongelooflike telling van 49-0 van die veld afgedraf. Drieë is gedruk deur Carlo Louw, JP Senekal, TJ van der Walt, JJ Fourie en Roelie Botha. Welgedaan julle! Dis werklik ‘n merkwaardige prestasie!

O/15-Rugby: Ons o/15’s het ook niks in hulle pad laat staan nie, en het Hoërskool Koffiefontein met ‘n uitmuntende telling van 48-0 geklop. Drieë is gedruk deur Tertius de Wet, Jetaime May, Llayton Titus en Philip Janse van Vuuren. Wilikus Badenhorst het ‘n strafskop ook oorgeskop. Baie geluk julle! Dit was regtig ‘n baie netjiese vertoning!

O/17-rugby: Die o/17’s het teen ‘n gemengde Wildeklawerspan gespeel. Dit was vir albei spanne ‘n ongelooflike taai wedstryd, maar HSH se o/17’s het, soos gewoonlik, die wa deur die drif getrek en 22-17 gewen. Drieë is gedruk deur Jordan Kok, Hagen Paulus en Adriaan Badenhorst. Baie geluk julle!

O/19-Rugby: HSH se o/19’s het teen Koffiefontein se eerste span te staan gekom. HSH het die wedstryd 24-12 gewen. Drieë is gedruk deur Jandrie du Toit en Allen-Dean Struis. Wel gedaan!