Rugby teen Daniëlskuil – Saterdag, 23 Julie 2016

Rugby is nie grappies nie! Op ‘n ysige Saterdagoggend, het Hoërskool Hopetown se drie hoërskool rugbyspanne die koue teen Hoërskool Daniëlskuil getrotseer.

In die eerste wedstryd het die o/17 spanne kragte gemeet. Alhoewel Hopetown vir die grootste gedeelte van die wedstryd voor was, het ‘n paar oomblikke van verlore konsentrasie ons die wedstryd gekos. Die eindtelling was 31-25 in die guns van Daniëlskuil. Hopetown se vyf drieë was deur Ian Jansen, Luan Murray, Alvin Kammies, Manual Arries en Jordan Kok gedruk.

Die tweede wedstryd het die o/15 spanne kragte gemeet. Hoërskool Hopetown het hier met groot ywer en geesdrif die wedstryd met 24-0 gewen. Baie geluk! Ons is trots op julle!

In die derde wedstryd van die oggend, het die o/19 spanne mekaar die stryd aangesê. Hoërskool Hopetown het oor die algemeen nogal swaar getrek. Daniëlskuil het met 36-8 gewen. Ons drie is deur Jandrie du Toit aangeteken, terwyl Berenico Cedras met ‘n strafskop geslaag het.

Sterkte aan ons drie spanne met die wedstryde wat nog voorlê! Ons hoop ons sien julle in die finale! Glo om te oorwin!