SA Saalperd Ruiterkuns 2013

Jana Coetzee het in 2013 aan die Suid –Afrikaanse Saalperdkampioenskappe te Bloemfontein gaan deelneem.  Dit is die tweede grootste Saalperdkampioenskap ter wêreld.  Sy het aan die 0/8 Stap/draf “Performance” Kampioenskappe en aan die 0/8 Stap/draf Ruiterkunskampioenskappe deelgeneem en in albei ‘n 4de plek behaal.  Sy het ook die beker by die Noord-Kaap Subunie ontvang as 0/8 ruiter van die jaar!