SANESA Noord-Kaap Saddle seat span

Baie geluk aan Richard Smith (Graad 5) met sy insluiting in die Noord-Kaap se span vir Sanesa “Saddle Seat”.

Die span neem deel aan die nasionale kampioenskappe waar die Noordwes, Vrystaat, Mpumalanga, Gauteng, Noord-Kaap en Wes Kaap verteenwoordig sal wees.  Die kompetisie vind plaas vanaf 2-3 September 2017 by Noble Equestrian Stables in Parys, Vrystaat.