Skoolhoof verpleeg

By Hoërskool Hopetown stap die Personeel die ekstra myl om te verseker dat ons kinders in ‘n omgewing kan leer waar hulle veilig, geborge en versorg is.  Hier word na die totale menswees van die kinders omgesien om hul te help om hul volle potensiaal te verwesenlik.  So het die skoolhoof, Mnr. T. Smit, ingespring en vir Anne Korff (Graad 2) ‘n pleister op ‘n seer toontjie geplak terwyl Cheriley Olsen toekyk.