Saam met die res van die groter Hopetown gemeenskap en die Thembelihle Plaaslike Munisipaliteit, het HSH ook hul kant gebring in die inisiatief om ons dorp skoon te maak.

Graad 1-4 leerders het op Dinsdag, 15 November 2016, vir 30 minute onder toesig gaan rommel optel.  Weens die eksamen kon die res van die skool ongelukkig nie deelneem nie.

img-20161117-wa0002 img-20161117-wa0008 img-20161117-wa0010

Die leerders het, geklee in hul sportklere, met skoene en ‘n hoed en gewapen met handskoene, knypers, sakke vir die vullis en water, die terrein in die omgewing van die hospitaal getakel.  Die oes was groot en ‘n paar baie interessante fondse is ook gemaak deur van die leerders.

img-20161117-wa0001 img-20161117-wa0009

‘n Klomp warm, tevrede kinders het na afloop van die oefening eers gesmul aan ‘n ysie en toe heerlik gaan afkoel in die skool se swembad.

img-20161117-wa0005 img-20161117-wa0006 img-20161117-wa0013

Baie dankie aan elke leerder en die Gr 1-4 Onderwysers wat deur julle voorbeeld vir ons gewys het dat ons saam ‘n verskil kan maak!