Sportvelde word opgeknap

Daar heers ‘n opgewonde atmosfeer by HSH terwyl daar geswoeg en gesweet word in die Noord-Kaap son om verskeie bane sommer gelyktydig voor te berei vir 2017 se sportseisoen.

20170117_125048

Die netbal- en tennisbane wat nie in 2016 ‘n nuwe oppervlakte gekry het nie, word nou gedoen.  Die tennisbane wat gereed is vir gebruik, word reeds elke middag beset deur ywerige tennisspelers wat besig is met die finale voorbereidings vir die Noord-Kaap tennisproewe wat DV die naweek van 19-21 Januarie 2017 te Kimberley gaan plaasvind.

20170117_124758

Op die atletiekbaan is die rollers aan die hardloop om die oppervlak hard en gelyk te kry vir Vrydag, 20 Januarie 2017, wanneer die Swart-span en die Goud-span mekaar weer die stryd gaan aansê tydens die jaarlikse kleure atletiek byeenkoms.

20170117_125352 20170117_125452 20170117_125445

Sterkte aan al die HSH leerlinge wat tydens hierdie geleenthede gaan deelneem!  Ons hoop julle geniet elke oomblik en hou die skool se naam hoog deur elk net sy bes te doen!