Op Saterdag, 20 Januarie 2018, het TJ van der Walt by die PUC McArthur Stadion aan die “Puma School of Speed” byeenkoms gaan deelneem.

“Puma School of Speed” is gestig in November 2016 en die wêreld se vinnigste man, Usain Bolt, staan aan die hoof van die organisasie.  Die doel van die organisasie is om die atletiek talent in Suid-Afrika te ontgin en ontwikkel.   Atlete kan inskryf vir die 100m, 200m, 400m, 800m, 1500m, kort hekkies, aflosse, verspring en hoogspring.  Atlete neem in die volgende ouderdoms-kategorieë deel, nl. 0/14, 0/15, 0/16, 0/17 en 0/19.  Die reeks word deur atletiek federasies onderskryf en prestasies kan gebruik word vir kwalifikasie vir Provinsiale en Nasionale kampioenskappe.

TJ het by hierdie byeenkoms deelgeneem aan die 100m, 400m en die verspring.  In al drie die items waaraan hy deelgeneem het, het hy eerste plekke behaal!

Baie geluk TJ!  Ons sien jou toewyding en onverpoosde werk daagliks raak!  Jy is ‘n voorbeeld en inspirasie vir menige leerder en so ook vir enigiemand, ongeag hul ouderdom, wat ‘n doelwit het wat hul nastreef.  Jy is voorwaar ‘n uitstekende ambassadeur vir die skool en ons is geweldig trots op jou!