Top 10-byeenkoms

Op Saterdag 1 Oktober 2016 het ses van HSH se leerders aan die Madibaz Best Med Top 10-atletiekbyeenkoms in Mosselbaai gaan deelneem.  Hulle was Jana Coetzee, Jean-Pierre Senekal, Carlo Schlebusch, TJ van der Walt, Jaco Visagie en Nicola Wiid.  Groot skole van regoor die land, soos Nico Malan, DF Malan, Paarl Gim, Overkruin, Bredasdorp en verskeie skole van Worcester het deelgeneem.

img-20161002-wa0000

Baie geluk aan TJ van der Walt wat ‘n brons medalje in die item Seuns 0/13 Verspring behaal het!