Totsiens Matrieks 2016!

Op 26 September 2016 is daar Matriekafskeid gehou by HSH. Ter voorbereiding het Mev. Klok, Mev. Louw, die Graad 11 leerder en hul ouers hard geswoeg om ‘n spoggeleentheid te verseker. Die saal het uniek en baie besonders gelyk en die kos was voortreflik! Al die jonge dames en here het pragtig gelyk vir hierdie hoogtepunt in elke matrikulant se skoolloopbaan.

imgp0007 imgp0009 imgp0043 imgp0044 imgp0045 imgp0046 imgp0047 imgp0049 imgp0052 imgp0054

Daar is ook op gepaste wyse afskeid geneem met die uitstapdag wat op 14 Oktober plaasgevind het.  Mag dit met elkeen van HSH se Matriekklas van 2016 besonder voorspoedig gaan daar waar julle reeds besig is om julle toekomsdrome en ideale na te jaag!  Mag julle elke tree van die pad in diepe afhanklikheid van Ons Hemelse Vader bewandel en mag Hy jul in Sy groot genade oorvloediglik seën!