‘n Drama werkswinkel wat oor 2 dae gestrek het, is by HSH aangebied deur die ATKV-junior tak ook beter bekend as Kaalvoetkinners.  As aanbieder van die werkswinkel was ons geëerd om die welbekende GertJan Holtzhauzen in Hopetown te verwelkom.

ATKV GertJan Holtzhauzen 2017

Maandagaand, 15 Mei, het hy vertel hoe hy as regisseur, die suksesvolle ‘Judas Iskariot’ gedurende Paastyd 2017 op die planke gekry het in die Sand du Plessis-teater.  Hy is ook ‘n opgeleide opera-sanger en het ons met ‘n pragtige aria verras.

Die volgende dag het hy die Gr 4-9 leerlinge by die skool met karakterisering gehelp.  Dit was baie pret!

Lank lewe die kunste!