Juffrou Loubser se Gr 4’s moes ‘n taak oor aandrywingsenergie vir NW maak. Hiervoor moes hulle speelgoed voertuie wat hul self gemaak het van herwinbare materiaal gebruik.

Jacques Wiid, Hennie du Plessis en Juan du Raan

Jacques Wiid, Hennie du Plessis en Juan du Raan

Juan du Raan het ‘n lugdrukaangedrewe vuurpyl gemaak en is bygestaan deur Jacques Wiid en Hennie du Plessis vir die afsending daarvan.

Riane Strauss

Riane Strauss het ‘n ballon opgeblaas en die uitlaat van die lug het haar pragtig-versierde motortjie vorentoe laat beweeg.

Richard Smith

Richard Smith wys hoe lekker sy battery-aangedrewe stootskraper werk.

‘n Groot menigte nuuskierige toekomstige ingenieurs het ook kom loer hoe Carmen Louw haar swaartekrag bussie wat met “bubble”plastiek beskerm word gedemonstreer het. Hennie du Plessis se bootjie waar die loslaat van die opgewende propeller potensiele energie omgesit het in kinetiese energie het al die toeskouers gaande gehad! Teenstrydig met die algemene siening kan skool tog ook groot pret wees!