Die Graad 9’s doen elke jaar in die derde kwartaal ‘n gemeenskapsprojek vir LO. Dit behels 3 ure se gemeenskapsdiens in samewerking met Mev. C. Wiid by Silwerhof tehuis vir bejaardes en Tjokkershoop kleuterskool. Die klas word in 3 groepe ingedeel en so roteer hulle dan oor ‘n tydperk van 3 weke. Dit is ‘n verrykende ervaring vir elk van die leerders en word opreg waardeer deur al die betrokkenes wie se lewens hul op die wyse aanraak.