GWK-kompetisie Pryswenners

Vlnr agter: Mev. W. Richter (GWK), TJ van der Walt (Eerste prys), Mnr. MC Smit (Skoolhoof),
Vlnr Voor: Charlize Jacobs, Malakiwe Mtubu, Dani Fourie, Jana de Villiers, Carlo Schlebush.

In 2016 het GWK, een van ons skool se hoofborge, ‘n kompetisie geloods waar die leerders op verskillende maniere met behulp van kuns moes uitbeeld watter belangrike rol die boere in ons voortbestaan speel.  Die kinders het met entoesiasme ingespring en die verskeidenheid en interpretasie van die tema was verstommend.

Die pryswenners is onlangs aangekondig en hulle het dan ook hulle pryse by die geleentheid ontvang.  Baie dankie aan GWK vir julle voortgesette betrokkenheid by en ondersteuning van HSH!  Baie geluk aan elkeen wat deelgeneem het en dan in die besonder aan al die pryswenners.  Ons is trots op julle!