Thomas Fourie- ons rugby mascot met die seremoniele afskop

Thomas Fourie- ons rugby mascot met die seremoniele afskop

…. En na maande se oefen, weke se harde werk en die aftel van dae is dit uiteindelik hier … Interskole 2016.

Op Vrydag  5 Augustus 2016 het Hoërskool Hopetown teen Hoërskool Prieska interskole gehou. Vroeg Vrydagoggend het ons na Prieska vertrek.

Dani Fourie, die eerste netbalspan se “mascot” het die opskiet gewen en Hopetown het eerste afgegooi, maar het ongelukkig in ‘n naelbyt-wedstryd teen Prieska verloor! Met die ander netbalspanne het dit gelukkig beter gegaan.

Die rugbyspanne het ook goed gevaar maar ongelukkig het ons eerste rugbyspan ook verloor.

Voor die hoofwedstryd het die dirigente, Lize-Mari Wiid, Bianca Blom, Lomize Hattingh en Sumari Coetzee op perde aangekom, die sjampanjenooi, Mariet Cilliers, sjampanje geskink en daarna het die leerders met trots die skoollied gesing. Thomas Fourie, die eerste span se “mascot”, het die tradisionele skop gedoen.

Tydens hierdie wedstryd se halftyd het die “pom-poms” ‘n vertoning vir die toeskouers gehou.

Wen óf verloor – goeie sportmangees het deurentyd geseëvier! Dankie aan Prieska vir julle gasvryheid ons sien julle weer volgende jaar!