Oranjehof Koshuis 50 jaar Reunie – 2016

img-20161026-wa0000

Oranjehof Koshuis herdenk vanjaar die 50ste jaar waarin leerders van HSH lewe gegee het aan die gange en kamers van ons pragtige koshuisgebou. Om hierdie mylpaal te vier, het ons ‘n gesellige 50 jaar makietie gehou op 21 Oktober 2016. Oud-inwoners van elke dekade asook ‘n paar huidige koshuisbrakke het die aand bygewoon.

Langs die knetterende braaivleisvuur is staaltjies oor vergange se dae uitgeruil en ou vriendskapsbande hernu. Almal was dit eens dat dit ‘n onvergeetlilke aand was. Soos Tannie Martie Hattingh opgemerk het: “Julle mag dalk ‘n ou vroutjie sien, maar vanaand is ek weer jonk en mooi soos daardie jare”.

Oranjehof Koshuis vergeet sy kinders nooit! Ons sien uit na die volgende 50 jaar waarin ons ‘n nuwe leeftyd se herinneringe kan opbou!