Op Woensdag, 17 Januarie 2018, het HSH se nuwe Graad 1’tjies, saam met die res van Suid-Afrika, ‘n nuwe fase van hul jong lewens betree toe hulle hul eerste dag in die “groot skool” aangedurf het.  Die eerste toets, wat deur almal geslaag is, was dan ook sommer die stilsit in die saal tydens saalopening.  By hierdie pragtige geleentheid is die jongspan hartlik verwelkom in HSH se geledere en Juf. Klok het aan elkeen ‘n geskenkie oorhandig wat hulle sommer dadelik laat tuis voel het.  Ons sien uit daarna om elkeen van julle se skoolloopbaan te volg en glo dat jul elke oomblik daarvan ten volle sal geniet en elke geleentheid sal benut!