Op 8 en 9 September 2016 is daar konsert gehou by Hoërskool Hopetown soos selde tevore! 58 Gr 4 tot Gr 7 leerders het 80 rolle vertolk soos gesoute akteurs sal sukkel om hul na te doen! Die gehoor het deurentyd geskater van die lag vir die kostelike spel wat deurgaans vol selfvertroue gelewer is.
Die milieu vir “Toe ons nog jonk was” is met die intrapslag reeds geskep deur leerders wat destydse speletjies soos touspring, “hop scotch”, karretjie, pop, tolgooi, modderkoekies bak en albaster gespeel het. Musiek soos Laurika Rauch se “Groete aan Mannetjies Roux”, Carike Keusenkamp se kinderliedjies en “Toe ons nog jonk was” van Elvis Blue wat gespeel het terwyl die gehoor die saal binnegekom het, het die oudtydse stemming help skep. Geleende vere uit die 60’s en die dekor op die verhoog het veral die ouer garde oombliklik teruggeplaas na die era van tiekies en krimpelene. Die nostalgie was amper tasbaar!
En toe betree Tant Millie, die oujongnooi bibliotekaresse, Daantjie en sy ma, Tant Bokkie en Sakkie die posman, die verhoog en die gehoor word nog verder teruggevoer na die tyd van Springbok-radio en Staal Burger.
Soos dit ‘n opregte karoo-dorpie betaam, is daar ook jaarliks kerkbasaar gehou met pannekoeke gebak in ou dikboompanne met swart gebrande bodems, ‘n tombolatafel , skyfskietkompetisie, basaarpoeding en Tant Breggie Nienaber se gehekelde toiletstelletjies vir die sindelike plattelandse toilet.
Daantjie gaan Sub A toe en noodgedwonge ook na die koshuis en leer die ABC en Do Re Me saam met sy klasmaats by Mnr. Katzzz die plaaslike Sub A-onderwyser. Daantjie was ‘n voorbeeldige student en vorder fluks. Kort voor lank leer hulle ook Engels by Miss Anderson (sy het vir Daantjie so mooi Engels gepraat!) en Houtwerk by Mnr. Snyman, beter bekend as Skroef , ‘n wewenaar.
By die koshuis leer ‘n mens ook van ander nuttige dinge, soos hoe ‘n tiekieboks werk en hoe ‘n mens ‘n làààng tiekie kan maak! Daar is ook boeke gevat en liedjies soos ‘As Hy weer kom, kom haal hy Sy pêrels’ by kerslig gesing.
Al was die getalle min, is daar voluit rugby gespeel. Die nerwe het gewaai elke keer as die lywe die harde grond getref het…want in toeka se dae was daar nog nie gras op die rugbyvelde nie! En as die haker van die 0/13-span seerkry, was dit nie ongehoord vir die Sub A boetie om as reserwe op te kom nie!
So het die tyd ongemerk aangestap en Daantjie het ook grootgeword en die skool verlaat. Met sy terugkeer as jongman na die dorp het hy gehoor van Tant Millie en Mnr Snyman (Skroefie) wat so byna-byna gelyk die dorp verlaat het… en ons wil nou nie skinder nie, maar was daar nie ‘n sekere briefie in die Landbouweekblad se Opsitkers van ‘n aanvallige jong dame wie se hande vir niks verkeerd staan nie? …en ‘n sielsgenoot met sober gewoontes…en van elke pot wat ‘n deksel kry…?
Die aand is op gepaste wyse afgesluit met gemmerbier, suurlemoenstroop, ‘n jaffle en gedraaide papier”cone” vol herinnerlekkers soos appelkosies, “nickerballs”, Wilson toffies en boodskap-lekkertjies.
“Toe ons nog jonk was” is geskryf deur Me. I. Heydenrych met die hulp van Mnr. E. Bosch en Me. A Laubser. Jong akteurs is afgerig deur Me. I. Heydenrych, Mnr. E. Bosch, Me. S. Hattingh en Me. A Laubser.
Rolverdeling:
Hoofkarakters
Daantjie 1 (6 jaar oud) Christiaan Smith
Daantjie 2 (10 jaar oud) Marko Vorster
Daantjie 3 (13 jaar oud) James-Henry Fourie
Daantjie 4 (Jong man) JJ Fourie
Tant Millie Paulè Jansen
Biblioteekgangers
Sakkie Posman Tyrique le Fleur
Tant Bokkie (Daantjie se ma) Nina de Wet
Oom Jan Donkie Junaid Jood
Oom Cassie Groenewald en JP Senekal
Sy hond Wollie (JP se hond)
Do-a-deer dansertjies
Do Marlia Badenhorst
Re Eloise Louw
Me Luret Klok
Fa Richard Smith
So Danel Brits
La Louis-Ann du Raan
Te Hennie du Plessis
Basaargangers
Oom Koos Louw (Burgemeester) se vrou Adré Janse van Vuuren
Tant Henna Izaanelize Smith
Tant Breggie Nienaber Lané Botha
Dominee Ras LJ Louw
Oom Buks Pieterse JJ Fourie (Thornie)
Oom Spikkels Visagie GP Schlechter
Ria Delport Sulomie Hattingh
Ander Basaargangers: Elmo Ferreira, Michael Zietsman, Marlon Kibe, Lize-Marie Schutte, Marizane Nel, Anri Jansen, Leilah Hoogstander, Charné Roeloffse, Malakiwe Mtubu, Ayanda Doorse, Taylor le Roux, Nina de Wet en Marko Vorster
Skool
Juffrou Bergh (Skoolhoof) Charné Roeloffse
Mnr. Katz (Sub A Meneer) Divan Erasmus
Miss Anderson (Engelse Juffrou) Merese Machiu
Mnr. Snyman (Houtwerk Wewenaar) Jandré Coetzee
Skoolkinders: Carmen Louw, Riane Strauss, Cohen Adonis, Jana de Villiers, Anri Jansen, MJ Pieters, Lollie Tyindyi, Michael Zietsman, Christiaan Smith, Marko Vorster
Houtwerk seuns
Doors Roelie Botha
Boenas JJ Fourie
Japie Tyrique le Fleur
Flip LJ Louw
JP Senekal
Hoofseun en Hoofmeisie James-Henry Fourie en Anri Jansen
Koshuis en Tiekieboks
Koeraan (Boelie) Richard Smith
Helpers Elmo Ferreira en Sarel de Wet
Koor en aandgodsdienshouers: Marlon Kibe, Leilah Hoogstander, JP Senekal, Joshe du Toit, Sydney Olivier, Mischka van Wyk, Angelique Pieterse, Ayanda Doorse, Jezne Oliphant
Rugbyspelers
Doors Roelie Botha
Boenas JJ Fourie
Jan Koster Jack Wiid
Blikkies Carlo Louw
Flip Tyrique le Fleur
Kiewiet Lieb du Raan
Japie Divan Erasmus
Henry Nicolson Willie Scheepers
Casper Groenewald
Hansie (“Substitute”) Thomas Fourie
Noodhulp: Marlon Kibe en Leilah Hoogstander
Handelshuis stoepsitters
Tant Henna (skinderbek) Izaanelize Smith
Tant Breggie Nienaber Lané Botha
Oom Piet Sole Reece Gorrah
Oom Appie Strydom Lucien Bosman
Vooraf speletjies spelers: Charlize Jacobs, Rashann Marais, Zalene Masabies, Kwekwe Tyindyi, Athandwa Mtubu, Carlin Steenkamp, Angelique Pieters, Mischka van Wyk, Taylor le Roux, Jezne Oliphant, Ayanda Doorse, Leilah Hoogstander, Marlon Kibe, Malakiwe Mtubu, Lollie Tyinsyi, Divan Swanepoel, Rahat Hussain
Verteller: Me. M. Gunter
Beligting, Klank en Dekor: Urbanus Botha, Dirk Gunter, Johan Jansen