Graad 1 2017

Die Graad 1 klas van 2017 is op die tweede dag van skool heel ingeburger en volstoom aan die werk op die mat in Juffrou Klok se klas.  Te oordeel aan die gesiggies is dit sommer baie lekker om uiteindelik in die “Groot Skool” te kan wees!

Oranjehof Koshuis 50 jaar Reunie – 2016

Oranjehof Koshuis herdenk vanjaar die 50ste jaar waarin leerders van HSH lewe gegee het aan die gange en kamers van ons pragtige koshuisgebou. Om hierdie mylpaal te vier, het ons ‘n gesellige 50 jaar makietie gehou op 21 Oktober 2016. Oud-inwoners van elke...