HSH se Matriekklas van 2017 het stof in die oë van die res van die Noord-Kaap geskop toe hulle daarin geslaag het om nie net die eerste plek in die Streek te behaal nie, maar sommer ook die eerste plek in die Provinsie! Verder is HSH een van slegs 9 skole in die Noord-Kaap Provinsie met ‘n 100% slaagsyfer. Hierdie prestasie word nou al vir die afgelope 26 jaar gehandhaaf!
2017 se Hoofdogter, Liza de Wet, behaal ‘n gemiddelde A simbool en studeer tans Aptekerswese aan die NWU se Potch kampus. Daar is ook 2 gemiddelde B’s en 7 gemiddelde C’s. Hierdie uitstekende resultate het ook beteken dat ons Matrieks 90% Baccalaureus toelating het!
Ons is geweldig trots op julle en sien saam met julle uit na die blink toekoms wat vir julle lê en wink!