HSH se Matriekklas van 2016 het dit weer gedoen! Vir die afgelope 25 jaar het HSH se matrieks daarin geslaag om ‘n 100% slaagsyfer in die matriek eindeksamen te verwerf! 2016 se Matrieks was geen uitsondering en na harde werk en lang ure agter die boeke het hulle daarin geslaag om die momentum te behou en hierdie rekord selfs nog beter te maak! Ons is voorwaar baie trots op julle!
Die klas gemiddeld was 62% met BAC 67% en DIP 33%.
Baie geluk aan Mariet Cilliers met haar gemiddelde A, wat A’s in 7 vakke ingesluit het! Mariet het darem nie net geleer nie. Sy het ook in 2016 eerste plekke behaal in die 400m en 800m by die Noord-Kaap atletiekbyeenkoms. Sy studeer tans Optometrie aan die UFS.Ook was daar 4 gemiddelde B’s, 8 gemiddelde C’s, 7 gemiddelde D’s en 4 gemiddelde E’s.
Ons skool het ‘n tweede plek in die distrik by die Noord Kaap se Departement van Onderwys se prysuitdeling behaal. Mariet was een van 26 matriekleerders in die Noord Kaap wat 6 vak A’s (uitgesluit Lewensoriëntering) behaal het. Vir dié prestasie het sy ‘n skootrekenaar en ‘n stewige tjek ontvang.
Ons goeie wense vergesel julle op die pad na ‘n blink toekoms wat vir julle elkeen lê en wag!