Baie geluk aan ons matriekklas van 2015 met hulle baie goeie uitslae.
Vir die 23se jaar ononderbroke behaal ons weereens ‘n 100% slaagsyfer.
- 29 Matriek-leerders, behaal ‘n klasgemiddeld van 64%
- 82%-matrikulasievrystelling en die res (18%) het toelating vir verdere diploma-studies.
Vaksimbole
- 1 Gemiddelde A- Simbool behaal deur Jané Lotz
- 6 Gemiddelde B- Simbole
Jané het 7 vak A’s behaal en ‘n gemiddelde persentasie van 88%
Sy was die 14de beste matrikulant in die Noord-Kaap Provinsie. Voorwaar ‘n pragtige prestasie en ons as skool en gemeenskap is baie trots op haar.
Jané was ‘n baie goed gebalanseerde leerder gewees, sy het in 2015 provinsiale kleure behaal in muurbal en tennis, asook erebaadjie-toekennings vir muurbal, tennis en akademie. Sy was ook hoofdogter van haar skool en skoolkoshuis, Oranjehof. Sy studeer tans B.Sc Dieëtkunde aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom.
HS Hopetown is een van slegs nege skole in die Noord-Kaap wat ‘n 100% slaagsyfer kon behaal.