Baie geluk aan ons matriekklas van 2009 met hulle pragtige uitslae – ook aan die ouers van hierdie leerders.

Vir die 17de jaar ononderbroke behaal ons weereens ‘n 100% slaagsyfer.

Henda Besselaar behaal ‘n 9de plek in die Noord-Kaap.

Henda Besselaar een van slegs twee leerders in die provinsie wat daarin kon slaag om nege A-Simbole te behaal.

  • Klasgemiddelde: 69,5%
  • Van die 22 leerders het 77,3% matrikulasievrystelling behaal.

Vaksimbole

  • 4 Gemiddelde  A- Simbool
  • 7 Gemiddelde  B- Simbole
  • 6 Gemiddelde  C- Simbole
  • 5 Gemiddelde  D- Simbole

HS Hopetown is eerste in die Pixley Ka Seme streek (De Aar)

HS Hopetown is tweede in die Noord-Kaap provinsie.

Voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees – welgedaan!