Baie geluk aan ons matriekklas van 2011 met hulle baie goeie uitslae.
Vir die 19de jaar, ononderbroke, handhaaf ons ‘n 100% matriekslaagsyfer.
- Klasgemiddelde: 68,8%
- Matrikulasievrystelling (toegang tot ‘n Baccalaureus graad studierigting): 93,75%
Vaksimbole
- 1 Gemiddelde A- Simbool
- 5 Gemiddelde B- Simbole
- 7 Gemiddelde C- Simbole
- 3 Gemiddelde D- Simbole
HS Hopetown is tweede in die Pixley Ka Seme streek (De Aar)
Departement Onderwys in die Noord-Kaap hersien kriteria vir top akademiese skole. Kategorië soos “verbetering op slaagsyfer van die vorige jaar”; “ryk en voorheen benadeelde skole”; “grootte van die skool” en ander nuwe kriteria word streng toegepas.
Steeds is dit vir HS Hopetown baie belangrik om leerders volgens sy standaarde voor te berei vir hul na-skoolse lewe. Die bewese rekord van ons oud skoliere is een van die mees prominente meet instrumente hiervan.